FC Erzgebirge Aue

FC Erzgebirge Aue

Volledige naam Fussballclub Erzgebirge
Aue e.V.
Stigtingsdatum 4 Maart 1946
Tuisveld Erzgebirgsstadion,
Aue
Kapasiteit 16 350
Kompetisie 3. liga
Erzgebirge Stadium Aue, 2018
Erzgebirge Stadium Aue, 2018

FC Erzgebirge Aue is 'n sokkerklub van Aue in Sakse, Duitsland. Die klub is na die Tweede Wêreldoorlog opgerig as BSG Pneumatik Aue. Die span is herdoop na Zentra Wismut Aue in 1949 en SC Wismut Aue in 1951.

Die span het aanvanklik puik presteer en in 1954 het die kommunistiese Oos-Duitse regering besluit dat die nabygeleë stad Chemnitz - toe nog Karl Marx Stadt – 'n sterk sokkerspan verdien het. Ondanks die feit dat die tuisbasis van die klub in Aue gebly het, is die naam verander in SC Wismut Karl Marx Stadt. In die periode wat daarop volg was die klub baie suksesvol in Oos-Duitse sokker. In 1955 word die FDGB-beker verower, gevolg deur drie nasionale titels in 1956, 1957 en 1959. In 1959 word die bekereindstryd weer bereik, maar verloor die klub met 3-2 teen BFC Dynamo. In 1963 het Karl Marx Stadt 'n eie span gekry is die klubnaam weer terug verander in BSG Wismut Aue. Tot vandag het Aue nog heelwat ondersteuners wat die span uit Chemnitz ondersteun en na Aue reis vir tuiswedstryde.

Na die val van die Berlynse Muur en die eenwording van Duitsland, is die naam in 1990 verander tot FC Wismut Aue. Enkele jare later, in 1993, word die huidige naam - FC Erzgebirge Aue - aangeneem. Die naam Erzgebirge (ertsgebergte) verwys na die ligging van Aue.

In 2003 het Aue verrassend die Regionalliga Noord gewen en na die 2. Bundesliga gepromoveer, waar dit 'n sterk mededinger blyk te wees.


Developed by StudentB